Is dit Lente?
- ferisshirley
- Oct 5, 2022
- 2 min read
Updated: Oct 9, 2022
LENTE IN SUID-AFRIKA
“Waar in Suid Afrika?” moet mens seker vra. In die Kaap beteken Lente al vier seisoene op een dag terwyl daar al temperature tussen 35 en 40 grade bereik word in die noorde van die land.
Die pragtige lenteblomme van Namakwaland en die Weskus het teen die middel van September omtrent heeltemal verdwyn al word die blommeseisoen vanaf Augustus tot Oktober bemark. Anders as Herfs, is daar nie juis ‘n geleidelike oorgang tussen lente en somer in Suid Afrika nie. Dit is die een dag nog koelerig en die volgende dag voel dit soos die middel van Somer.
Die mooiste Namakwaland in volle blom.
Voor julle dink die blog is ‘n elegie in plaas van ‘n ode, ten spyte van al die bogenoemde opmerkings, die Lente is altyd ‘n vernuwing en waardig om oor liries te raak. Selfs ‘n waterskaars land soos ons s’n, spog met die allermooiste blommeprag wat selfs die mees siniese onder ons se bui kan lig.
Postberg, Langebaan en Paternoster aan die Weskus:
Tafelberg Natuurreservaat, die "blomroete" en Pretoria se Jakarandas.
Gedigte soos C. Louis Leipoldt se “Oktobermaand” en vele lenteliedjies besing die natuur, uitgedos in lenteblomme.
Bring so die Lente tot binne-in jou huis:
· Ruil die kussingslope in die sitkamer om met vrolike geblomde slope of slope met helder kleure.
· Beddegoed met blompatrone of vrolike kleure sal enige slaapkamer opkikker.
· Plaas blomme oral in die huis: in blompotte, bekers, houers of blikke van verkillende groottes.
· Bring meer plante binneshuis. Dit verfris die lug en skep ‘n rustige atmosfeer.
· Gebruik hederkleurige breekware in die kombuis.
· Stal helderkleurige items uit in groepies vir ‘n mooi fokuspunt.
· Steek ‘n geurige kers aan om jou huis soos ‘n blomtuin te laat ruik.
‘n Gerustellende boodskap uit die Bybel herinner ons in Lentetyd: “En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie… selfs Salamo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie.” In Matt.6:33 maan Jesus Sy dissipels om hulle nie oor materiële dinge te bekommer nie.
Lentetyd is ‘n tyd vir vernuwing. ‘n Tyd om te focus op die mooi dinge van die lewe. Kom ons vier die pragtige seisoen!
Mooi loop tot ons weer gesels.
Shirley Rose
Verwysings: Pinterest vir illustrasies en fotos, Cosmopolitan vir wenke om Lente in jou huis te bring.
Comments