top of page

Hoe gemaak met klere van sentimentele waarde?

Updated: Nov 29, 2023

Sommige mense is meer sentimenteel as ander en vir hulle is dit amper onmoontlik om van enigiets wat vir hulle kosbaar is, ontslae te raak. Na aanleiding van my blog oor die ordening van jou klerekas, wou my suster Valerie weet hoe 'n mens ontslae raak van byvoorbeeld 'n rok wat jy met jou baba se doop gedra het.


Natuurlik kan jy enigiets hou wat jy graag wil, veral as jy die ruimte daarvoor het. My vriendin Christine, wie se volwasse kinders die nes verlaat het, het die spasie van 'n ekstra vertrek wat sy kan omskep in 'n kleedkamer. Ongelukkig het min mense hierdie luukse en as jy alles wil hou, sit jy met 'n kas vol klere en niks om aan te trek nie. Nog 'n opsie is om dit in houers te pak en iewers te stoor.


'n Pragtige, klassieke styl rok, pakkie, baadjie of jas kan seker aan 'n dogter of niggie gegee word, maar sal hulle dit wil dra? My dogters het verkies om my dansrokke aan te trek en het lekker daarin gespeel. Vir my is dit makliker om die items wat sentimentele waarde het, te laat gaan en fotos daarvan te hou.


Fotos neem baie minder plek op en deesdae kan jy selfs al jou herinneringe digitaal stoor. Nog idees is om die items op te knip en 'n kwilt of muurbehangsel te maak of om 'n stukkie van 'n kledingstuk langs 'n foto daarvan te plak. Al wat ek regtig nidig het om te onthou, is 'n foto. As vierjarige onthou ek selfs die rok wat Mamma op Valerie se doopdag gedra het; van die kleur tot die tekstuur van die materiaal.


Hieronder is net 'n paar fotos van sentimentele oomblikke: Valerie se doopdag; Ons troue; Bertie se B Ed gradeplegtigheid; My twee meisiekinders; My seun Conrad se doopdag; Alize en Leanne in my rokke en 'n gesinsuitstappie.


In die bogenoemde blog het ek ook beloof om voorbeelde te wys hoe om items te meng en pas asook hoe om 'n basiese uitrusting meer formeel te laat lyk. Een van my basiskleure waarop jy jou klerekas kan bou, is Navy.


'n Georganiseerde klerekas maak die lewe soveel beter. In so 'n kas is daar altyd geskikte items om na enige geleentheid aan te trek. Maak net seker dat jou basiese items van goeie kwaliteit en in 'n klassieke snit is.


Gebruik bykomstighede en kleiner kledingstukke om ander kleure en modeneigings by te bring. Onthou ook: koop meer "tops" as "bottoms". Sodoende behoort jy nooit verveeld te wees met jou klere nie.


Goedheid en guns tot ons weer gesels.

Shirley Rose


75 views

Recent Posts

See All
bottom of page