top of page

G'n skaam muurblommetjie nie!

Updated: Nov 21, 2023

VIVA MAGENTA!


Nie jou gewone Rooi, Pers, Blou of Skelpienk nie, o nee! Ek het gaan google om die presiese beskrywing van Magenta te kry:

“An expressive, rebellious hybrid of Red and Pink with Blue/Purple undertones.” Aldus www.forbes.com

Volgens www.mixsensor.com, “Magenta is a colour that is variously defined as Purplish-Red, Reddish-Purple, Purplish, or Mauvish Crimson.”



Pantone, kenner en gesag van alles te doen met kleur, het Viva Magenta as die kleur van die jaar vir 2023 gekies en beskryf dit so: “A deep, vibrant colour as a way to bring joy, passion and warmth into people’s lives. An unconventional shade for an unconventional time."


Onkonvensioneel inderdaad, Viva Magenta is beslis nie vir sissies nie! Waar sommige mense gemaklik sal voel met ‘n focus-muur in dié kleur, sal ander weer tevrede wees met net ‘n kussing of iets klein as aksent.


Hoe dit ook al sy, daar is oorgenoeg om van te kies in klere, materiale, bykomstighede, grimering, kombuistoestelle of bykomstighede vir jou huis. Die lekkerte van ‘n kleur van die jaar is dat omtrent alles daarin beskikbaar is, so as Viva Magenta vir jou is, gaan koop!


Grimering as jy braaf genoeg is:



Verkies jy miskien slegs bykomstigede in Viva Magenta?


Skoene vir alle smake.



Kies 'n top, romp, broek, rok, baadjie of jas; dis beskikbaar in die winkels.



Dekor aksente te kus en te keur:



Viva Magenta van die voordeur, tot die sitkamer, tot in die slaapkamer!



Loer bietjie in die kombuis!



Nou daar het jy dit: Viva Magenta in al haar glorie! Met hoveel van hierdie besondere kleur kan jy saamleef? Net 'n tikkie, gaan groot of hou verby?


Groetnis tot ons weer gesels.

Shirley Rose


All pictures: Pinterest


24 views

Recent Posts

See All
bottom of page