Elke mens het 'n storie...
- ferisshirley
- Feb 28, 2024
- 2 min read
Updated: Mar 1, 2024
Rede Om Te Glo Elvis Blue
Elke mens het 'n storie
Elke mens het seer
Ek was al heel verlore in wind en donker weer
My wildernis was groot en my beursie leeg
Toe gee jy my 'n rede, 'n rede om te glo.

Geraldine se storie:
“Ai, Juffrou moet tog vir my seun bid. Hy moet Dinsdag voorie hof kom.
Die anner klong het mos sy pa se kar gesteel en toe sy maats opgelaai en gepaartie. My kind was ook by. Die pa is by die werk en los die kar se sletel by die hys.
Die klong het sy pa se bankkaart ook gevat, hy ken die pin, juffrou.
Nou het die pa ‘n saak teen hulle almal gemaak.
Ek sê jou gesig is nou al twee keer gebreek, wanner gaan jy lyster?
Jou pa se bloeddruk is sky high, maar jy lyster nie. Jou klein broertjie kyk op na jou, wanner kry jy ‘n werk? Watse voorbeeld is jy vir hom? Jy’s al ag-en-twintig, jy werk nie, nou vang jy nog sulke dinge aan.
Juffrou, my dogter wil nie eers meer hystoe kom nie, sy bly by my broer. Sy sê voor my seun nie loop nie, sal sy nie hystoe kom nie.
My man sê hy gaan die huis verkoop, dan moet elkeen maar sy loop kry. Ek het nie dit in my lewe nodig nie. Ek bly by my hys, ek rook nie, ek drink nie. Ek vra virrie Here hoekom gebeur hierie goed met my, ek kan nie meer nie.
Het ek vir juffrou vertel van my dogter se kêrel?
Sy sien op facebook hy het ‘n meisie swanger gemaak. Sy val nou Desember maand om.
Sy was by sy ma gewees en hy het ge-erken dis sy kind. Hy het alreeds ‘n kind van ‘n jaar en ses maande. Dis nou al die tweede keer juffrou.
Ek het gesê dis nie van die Here nie. Hy sit mos in die kar en hoot vir haar. Kom nie eens in my huis nie. Ek het hom gesê hy het nie respek nie. Hy het haar mossie oppie vlak gekry nie. Hy lyster nie.
Die keer toe hulle wil trou toe wil hulle haar mos slams maak. Hulle hettie eers vir ons innie saak geken nie. Toe wil hulle hê ons moet rondhardloop vir strooimeisierokke.
Ek het na die masiet toe gegaan en vir hulle gesê hulle het ons nie eers innie saak geken nie, nou wil hulle hê ons moet rondhardloop, toe sê hulle vir my by die masiet nee, hulle kan niks van ons verwag nie, want hulle het ons nie innie saak geken nie.
Ai juffrou, my dogter was boos, maar ek het mos vir haar gesê dissie vannie Here nie.
Toe lê my man daar innie hospital in ‘n koma van sy suiker en sy hart toe sê ek vir haar: Sien jy nou? Ek het jou gesê die issie vannie Here nie. Toe sit sy die troue af. Ek sê vir haar die Here het ‘n doel met alles.
Ek kannie meerie juffrou. Partykeer wil ek sommer net my goed vat en loop.”
Wat is jou storie?
Groete.
Shirley Rose
Comments